Home | ARTICLES | GENERAL | Is gebed vir jou 'n gewoonte?

NEWSFLASH

Watch this space for the new I Believe website in conjunction with 3D Acts coming soon


UPCOMING EVENTS

There are no events at this time


ADVERTISERS



Banner
 
Is gebed vir jou 'n gewoonte? PDF Print E-mail

 

“Die rede waarom ons bid, is dat ons eenvoudig nie anders kán nie”. Dié aanhaling van William James is die eerste teks waarmee jy kennis maak as jy Philip Yancey se nuwe boek Gebed – Maak dit enige verskil? van Lux Verbi oopmaak.

lux_verbi_ad1.jpg

“Die rede waarom ons bid, is dat ons eenvoudig nie anders kán nie”. Dié aanhaling van William James is die eerste teks waarmee jy kennis maak as jy Philip Yancey se nuwe boek Gebed – Maak dit enige verskil? van Lux Verbi oopmaak. In dié boek ondersoek een van ons tyd se geloofwaardigste Christelike denkers, en ook die skrywer van die gewilde What’s so amazing about grace, die vrae omtrent gebed waaroor baie van ons wonder, maar wat die meeste nie waag om te verwoord nie. Soos wat is die doel van gebed as God rééds als weet?

Byna oral in die wêreld word gebed deesdae met skeptisisme besmet. Ons asem ’n atmosfeer van twyfel in: Hoekom laat God die wêreldgeskiedenis voortsteier sonder om in te gryp? Watter nut sal gebed hê teen ’n ongeneeslike siekte of gestremdheid; of teen die bedreiging van ’n kernaanval, terrorisme, misdaad, oorstromings en globale klimaatsverandering?
 

Die gewilde en dikwels bekroonde Philip Yancey sê hieroor: “Ek skryf nie oor gebed as ’n deskundige nie. Ek het dieselfde vrae as die meeste ander bidders. Hierdie eerlike maar hoogs inspirerende boek  sal nie alle vrae oor gebed oplos nie, maar beslis alle twyfel wegneem oor óf gesprekke met God die lewe leefbaar maak, en die grootste sinikus aanspoor om met God kontak te maak deur gebed.

 * Besoek www.luxverbi-bm.com of skakel 0861 668 368 vir bestellings. 

 
Banner