Home | ARTICLES | GENERAL | Die duiwel se gereedskap

NEWSFLASH

Watch this space for the new I Believe website in conjunction with 3D Acts coming soon


UPCOMING EVENTS

There are no events at this time


ADVERTISERS



Banner
 
Die duiwel se gereedskap PDF Print E-mail

Daar word vertel dat die duiwel op 'n keer bankrot gespeel het en dat hy al sy gereedskap sou verkoop aan enige een wat bereid was om die regte prys te betaal

Op die aand van die vandusie was al die gereedskap pragtig uitgestal en het die hele bose lot daar gelê: Daar was jaloesie, afguns, haat, onsedelikheid, owerspel, moord, vyanskap, woede en al die bose stukke gereedskap, elkeen met sy prys, maar... aan die een kant, apart van die ander gereedskap het 'n stuk gereedskap gelê wat duidelik al baie gebruik was. Dit het n prys gehad wat baie hoër was as al die ander. Iemand vra toe vir die duiwel watter stuk gereedskap dit was. Die antwoord was: Dit is Mismoedigheid. Nou waarom is dit dan so duur wou die persoon weet? Omdat dit vir my baie meer nuttig is as al die ander, het die duiwel gesê.  Met mismoedigheid kan ek iemand se bewussyn oopdwing en binnedring waneer ek dit nie kan doen met enige van die andergereedskapstukke nie. As ek eers binne is kan ek hom gebruik net soos dit my pas. Die stuk is al so gehawend, want ek gebruik dit op byna elke mens. Want sien, baie min mense weet dat mismoedigheid eintlik aan my behoort. Al wat ek kan sê is dat mismoedigheid se prys so hoog is, dat die duiwel dit nog nooit kon verkoop nie.

Hy besit en gebruik dit nog steeds!!!

Op die  vooraand van Sy kruisiging sê Jesus vir Sy dissipels in johannes 16:33: In die wêreld sal julle verdrukking he, maar hou goeie moed. Ek het die wêreld klaar oorwin. Dikwels word ons so oorweldig deur ons omstandihede, ons skuldgevoelens en ons lyding dat ons opohu om te glo, dat ons moed verloor. Dinge kan soms vir ons so moeilik raak, die wêrels kan ons so druk dat ons nie meer wil glo in God nie. Soms is dit so erg dat ons God begin blameer vir wat met ons gebeur. Dan wil ons niks  met God te doen hê nie...

Jesus het geweet dat daar sulke dae vir ons oppad is. Hy het geweet dat daar tye sal kom waneer ons sal verval in mismoedigheid, waneer ons  met die hande in die hare sal sit en uitroep, Here waarom? Here, waarheen nou? Here ek kan nie meer nie. Dit is waarom Hy vir ons vandag sê, Hou goeie moed! Moenie moed verloor nie. Moenie toelaat dat die duiwel jou wysmaak dat daar nie 'n einde of 'n uitweg is nie.

Deur sy Gees is Jesus hier en Hy het die wêreld reeds oorwin

Hy het alreeds die oorwinning vir jou behaal aan die kruis. Hy het alreeds jou smart, jou lyding, jou swaarkry, jou probleme, jou bekommernisse op Hom geneem en die prys daarvoor betaal. Daar is hoop vir jou, want Hy lewe!

Roep Hom vandag aan en Hy sal jou laste opneem. Hou net goeie moed!!!!

 
Banner