Home | ARTICLES | I BELIEVE | En toe kom dit na my

NEWSFLASH

Watch this space for the new I Believe website in conjunction with 3D Acts coming soon


UPCOMING EVENTS



ADVERTISERS



Banner
 
En toe kom dit na my PDF Print E-mail

Hoeveel keer het jy al in jou lewe gehoor; Dis nie fair (regverdig) nie!!!

My vierjarige biologiese dogtertjie en my tweede vrou se ses jarige seuntjie se albei dit gereeld vir my… Vir die van julle wat nie weet hoe millinium families werk nie, dit kan ‘n baie groot ding raak. Nou vra ek myself, wat maak n goeie pa, of n slegte pa? Die enigste werklike voorbeeld wat ons het is hoe God ons lief het. Wanneer ons alles begin anniliseer, sal ons sien dat God se liefde altyd dieselfde en natuurlik regverdig / fair is…

Wie van julle kan met ‘n oortuigde hart se dat God se liefde regverdig is?

Vir die mense daar buite wat vas glo dat dit die waarheid is; Goed… Vir die van julle wat se dis nie waar nie, wil ek vandag se, hoe kan jy anders?

Ek was onlangs gekonfronteer oor hoe ek die laaste yslollie vir my dogtertjie kan gee, en nie vir een van die ander kinders by ‘n verjaarsdag partytjie nie. My antwoord was eenvoudig, dis my kind, my dogtertjie en yslollies is haar gunsteling ding in die hele wereld. Van kleins af grou sy in die yskas vir ys, en die klomp seuntjies kan sonder dit…

So ek weet hoe ek voel, hoe ek daarop reageer, maar net nie hoekom nie? Dis mos nie fair nie. In elke huwelik, al dien byde die Here die keer is daar uitdagings. My antwoord op die argument was bloot, dis hoe dit is, dit is fair, want dit het my kind laat spesiaal voel. Dit kom toe by my op dat ek baie keer iemand voortrek op een of ander gebied, ek sal byvoorbeeld my ‘nuwe’seuntjie n langer speelbeurt met die televisie speletjies gee, as my eie kind. Kom ons verstaan mekaar nie verkeerd nie, vir n sewe jarige seuntjie is TV speletjies die begin en die einde, so dit maak mos sin om hom so bietjie voor te trek en ‘n ekstra 5 minute hier en daar te gee. Maar die stelling bly; Dis nie fair nie!!! Ek wonder waneer presies het ons samelewing so obsesief geraak oor wat fair is? En vir ‘n pa is dit mos nie reg nie?

Ek het groot geword met ‘n wonderlike pa. Dit wat my broer gekry het, het ek ook gekry tot die laaste sent of present. Dis mos hoe dit hoort…

Ek se al vir jare die lewe is nie fair nie, maar tot vandag het ek self nog nooit werklik verstaan hoekom nie. ‘En toe kom dit na my’ Hey,… my eie pa het vir my broer in matriek ‘n kar gekoop en vir my die opsie gegee om eendag in matriek ook n kar te kry, vir dieselfde rand waarde of om nou iets anders te koop wat ek baie graag wil he. My sestien jarige redinasie was bloot ‘dis nie fair nie’. ‘n Kar van R5000 in 1986 was ‘n oulike ‘cool’ karretjie, maar 6 jaar later sou ‘n R 5000 karretjie dalk nie wiele gehad het nie, of geen stuurwiel,  dit sou beteken my broer se matriek kar sou baie beter as myne gewees het. My antwoord; Dankie pa, ek sal vir my iets gaan kies wat ek nou nodig het ter waarde van R 5000. Tot op watter vlak moet ‘n pa dan regverdig wees?

Sou ‘n soortgelyke kar wanneer ek 18 geword het nie meer regverdig gewees het nie, of dalk was dit goed om aan my broer se huidige behoefte te voorsien, en op die dieselfde stadium aan myne, al was dit 2 geheel en al verskillende goed. Die een was ‘n kar, die ander ‘n goeie dromstel, sodat ek kon profesioneel word. Alles het stadig begin sin maak.

Ek kan my dogtertjie die laaste ysie gee want dis een van haar gunsteling dinge, maar my seuntjie ‘n ekstra 5 minute laat speletjies speel, en toe word dit duidelik….

Dis presies hoe God se liefde is….

Dis dieselfde liefde, dieselfde Vader hart, maar nie regtig regverdig volgens vandag se terme nie.

Ek is natuurlik gelowig en glo in God, sy krag sy mag, sy regverdigheid en natuurlik sy goedheid. Daar is n groot verskeidenheid Christene daarbuite vandag. Ons kry hulle in byna elke land, in elke taal in elke figuur en groote, rykes, armes, mense wat baie mooi uiterlik en die wat nie so mooi uiterlik is nie. Nou vra ek myself; Hoe is dit regverdig? As God se liefde vir ons regverdig was sou ek ook mos n mooi nuwe Mercedes 500SE gery het soos die broer wat langs my in die kerk sit. God het my dan mos net so lief?

Die antwoord is eenvoudig, God se liefde is vir ons almal dieselfde maar nie regverdig volgens ons menslike denke nie. God seen en leer elkeen van ons op verskillende vlakke, as jou een kind se gedrag nie aanvaarbaar is nie, dan leer jy hom mos hoe om dit te verander, jy kan nie dieselfde les vir jou ander kind gee wat nie dieselfde probleem het nie, net so met ons seeninge. Dit wat ons nodig het en dit wat aan ons gegun word is uniek vir elkeen. Jy mag dalk n wonderlike sang talent he en nie ‘n Mercedes nie of ‘n pad wat op die oomblik gelyk gestroop is oordat jy swak en trauma beleef het, terwyl jou broer  in die bank langs jou om elke hoek en draai  beproef word…

Dit meen, jy kan nie die heeltyd beproewing ondergaan met al jou broers nie, waneer sal jy rus?Dit beteken jou Mercedes gaan dalk nooit kom nie, maar dat jy byvoorbeeld vreugde en beloning deur jou werk ontvang. As elkeen van ons se behoefte dieselfde was sou ons almal n mooi huis, kar en vergenoegd gewees het, maar ons sou ook almal op dieselfde tyd deur beproewing gegaan het. Hoe gelukkig is ons nie dat God beter weet as om net bloot regverdig te wees nie. As almal op dieselfde tyd beproef word, wie sal jou ondersteun?  Jou kans vir rus sal altyd kom, maar weet ook God laat jou nooit vir lank net staan nie, jou beproewing sal kom sodra jy weer sterk genoeg is.

Net so sal jy vandag aan jou huidige behoefte of luuksheid voorsien word want God ken ons hart en ons behoeftes. En Hy weet ook wat jy baie graag wil he en net soos ek die ysie aan my een kind kon gee oordat dit haar sou laat spesiaal voel, gee God ook aan ons die begeertes van jou hart. Let wel jou hart. Dis nou die tyd om God ook te dank dat elkeen van ons en ons behoeftes uniek is.

Die goeie pa gee nie vir elkeen van sy kinders presies dieselfde nie, maar vir elkeen wat hy nodig het. Dit kan n ysie, of n goeie loesing wees

God se liefde is nie regverdig nie, maar reg. Hy voorsien aan elkeen van ons wat ons op elke tydstip van ons lewens nodig het en laat elkeen van sy kinders spesiaal voel sonder om vir ons almal dieselfde te gee of fair te wees…

 

 
Banner