Home | ARTICLES | SOOS EK DIT SIEN | Wie's jou pappa?

NEWSFLASH

Watch this space for the new I Believe website in conjunction with 3D Acts coming soon


UPCOMING EVENTS

There are no events at this time


ADVERTISERS



Banner
 
Wie's jou pappa? PDF Print E-mail

Elke nou en dan besef ek weereens hoekom die wêreld so op sy kop is. Dit gebeur elke keer as ek weer besef hoe belangrik 'n vaderfiguur in ons lewe is. Daar is nou maar net geen manier om weg te kom van die feit dat 'n vaderfiguur 'n massiewe invloed het op elke seun en dogter se hele lewe nie. En ons praat nie net van hoe jy God as Vader sien nie. Dit beïnvloed soveel aspekte van gesonde ontwikkeling. 
Ek ontmoet 'n hartverskeurende hoeveelheid meisies en vroue wat glad nie vertroue in hulle vroulikheid het nie. Baie geniet dit glad nie om vroue te wees nie. Daar is nutuurlik die vele gevalle waar meisies se vroulikheid vroeg-vroeg al gesteel en vernietig is, maar selfs meisies wat genadiglik onaangeraak volwassenheid bereik het, het partykeer geen idee oor hoe om 'n vrou te wees nie. Daar is geen idee oor hoe om die skoonheid, sorg, sagtheid en verleidelikheid (ek het dit gesê, ja) van hulle Skepper te reflekteer nie. En hier is baie keer hoekom: pappa het haar dit nooit geleer nie. Sy kon nooit met veiligheid ontwikkel in die liefde en bewondering van 'n mansfiguur wat net haar beste op sy hart dra en haar onvoorwaardelik liefhet nie. Hoe jammer en hoe onnodig! Wat 'n voorreg is dit nie om 'n meisie te koester totdat sy eendag 'n prinses is en so voel en optree nie. Soos ek dit sien, gaan mans eers weer moet mans word voor dit gebeur. Baie mans is net plein siek en hoort nie tussen beskaafde mense nie. Dié wat hulle beste gee met opvoeding het so baie issues. Ons is bang om openlik liefde te wys aan ons dogters en vroue, want ons is bang mense sal dink ons is pervers. Of ons is nog self so stukkend aan die binnekant dat ons nie weet wat 'n pa is en hoe hy moet optree nie. 
 
Seuns word mans sonder die vaagste benul oor wat 'n man is. Ons is oor die algemeen 'n ruggraatlose, grootbek klomp testosteroon met 'n gesig op. Ek sluit myself heeltemal hierby in. Ek het myself weer 'n bietjie in die groot Spieël bekyk en glad nie gehou van 'n klomp dinge wat ek gesien het nie. Ons het geleer om mans te wees by stukkende mans, en ons doen ons seuns en dogters geen guns nie, hoor! As alles net negatief klink, is dit darem nie al wat ek wil sê nie. Ons doen wat ons weet en ons is mense wat natuurlik foute gaan maak. Dit kom saam met die term 'mens'. Ek wil net petisie dat ons mans wakker word en raaksien watse ongelooflike invloed ons op die hele mensdom het. As jy 'n man is, wil ek jou aanmoedig om diep in jou binneste te gaan inkyk. Leef jy 'n outentieke lewe in konstante verhouding met God? Leef jy met oortuiging in wat jy doen (jou werk, nie net jou aksies nie) en glo? God het jou gemaak om te heers en om te onderhou dít wat hy aan jou toevertrou het.
 
Hierdie onderwerp is nie 'n kort rubriek nie, dit is 'n hele reeks. Om te volstaan, wil ek eindig met die eerste dinge wat ons kan doen om die situasie te verbeter. Soos ek dit sien is die eerste ding wat moet gebeur met mans en vrouens om by die groot Vader uit te kom. Jy moet nie van Hom weet nie, jy moet Hom leer ken! Hy is die enigste een wat jou ken en aanvaar nes jy is. Jy gaan dan Sy krag nodig hê om jou te help om te verander. Dan moet almal van ons vergewe, veral ons pa's, maar ook almal wat ons skade aangedoen het. Ek weet dis makliker gesê as gedaan, maar dit is die basiese waarheid waar genesing begin. Kry iemand om jou te help, spandeer baie stil tye by God, doen wat dit ook al vat om uit te kom by wat jou skeppingsdoel is. 
 
Ek begin stadigaan baie opgewonde raak oor watse avontuur die lewe weer kan wees as ons aan hierdie aspekte begin werk. Sien julle op die pad!

 
Banner